Nog skote klap tydens konfrontasie met kaper by pomphuis
As die swembad gesluit was, was die kaper dalk nou vas
Nog geweerskote het kort na middernag die stilte by Kees Taljaard Stadion verbreek, nadat daar ook omstreeks 22;00 minstens 18 skote, insluitende R5 rondtes, tussen kapers en die polisie langs die jukskeibaan op mekaar geskiet is.
Een kaper is op die toneel gearresteer, maar twee het gevlug, een in die rigting van Kanonkop, en die ander na die middedorp.
Middelburg Dagpatrollie lede het na die aanvanklike skietery die area rondom die rivier, in beide rigtings, gefynkam.
‘n Huis in Proteastraat wat jarelank al leeg staan, is onder meer deur dagpatrollie lede besoek.
Daar is ‘n slapende man in die oop huis aangetref.
Hy word egter nie met die kaping van ‘n trok in eMalahleni vroeër Saterdagmiddag verbind nie.
Die trok is Verena om na Middelburg waar die voertuig en die kapers ingewag is.
Na die huisbesoek in Proteastraat is dagpatrollie lede uit na die munisipale swembad te danke aan ‘n wenk uit die gemeenskap.
Die gemeenskapslid wat die wenk gegee het, het daelank al opgemerk dat die munisipale swembad, wat gewoonlik toegesluit is, oop staan weens konstruksiewerk.
Met die intrapslag het dagpatrollielede op die sittende kaper by die pomphuis afgekom.
Waarskuwingskote is gevuur maar die man het laat spaander.
“Ons het gehoop hy sou platval weens die waarskuwingskote, maar hy’t gehardloop, ek’s seker hy’t ‘n paar olimpiese rekords in die proses gebreek, vertel mnr. Arthur Hill van die Middelburg Dagpatrollie.
Mnr. Hill glo die kaper is regdeur die rivier na die koppie langs Mhluzi, waar hy weer verdwyn het.
