Dié keer het hul agt donssagte babas!
Die kolgansmannetjie- en wyfie het vanoggend so ietwat die pad byster geraak en ingestap by ’n motorhuis, waar hulle verskrik in ’n eetkamer beland het.
Die huiseienaars het hulle gelukkig veilig na buite gelei (nadat die wit geskrikte kat hulle ook gesien het), waar hulle vanmiddag rustig in ’n swembad tuis was.
Van die inwoners vertel dat die twee groot kolganse al twee jaar in die omgewing gesien word.
Twee jaar gelede het ’n egpaar agtergekom dat die kolganse in ’n reuse palmboom in die erf bly.
Toe die kleintjies uitbroei, het die huiseienaars besef hul honde gaan die kroos vang.
Die egpaar het al die pad vanaf Mimosastraat saam met die kolgans-ouers en hul kleintjies na die Dennesig dammetjies gestap.
Die mense oorkant die straat sê die kolganse was die vorige jaar ook by hulle en het twee keer nes gemaak in ’n palmboom. Nadat die kleintjies uitgebroei het, het hulle hulself elke dag in die swembad tuisgemaak.
Nadat weerlig verlede jaar die boom raakgeslaan het, was die kolganse skoonveld.
Hulle was baie bly toe hulle vanmiddag sien die kolganse is terug in die swembad.
• Die kolgans-ouers het ’n groot kabaal opgeskop van gisteroggend af in Maroelastraat en daar word vermoed dat die kleintjies laasnag uitgebroei het.
Vanoggend is die kolgans gesinnetjie vanaf Maroelastraat af deur na Mimosa, waar hulle eers in ’n huis beland en toe later na die swembad toe is.
• Al die betrokkenes het gevra dat die spesifieke adresse nie gegee word nie om die kolganse te beskerm.