News
Strate in riviere verander
Ondanks die miljoene rande wat die laaste paar jaar op die dorp se nuwe waternetwerk spandeer is met die vervanging van waterpype het Middelburg weer die naweek deurgeloop onder pypbarste.
Verskeie inwoners het videomateriaal gestuur, wat wys hoe die dorp se strate in riviere verander het.
Die pypbarste is in Hoogstraat en die omgewing van die Middelburg Mall gerapporteer, waar duisende liters water by die straat af stroom.
Die Steve Tshwete Munisipaliteit het onlangs die oorskakeling van die ou asbespype na die nuwe pvc pype hervat, veral in areas soos Mhluzi, Middelburg sentraal, Mineralia, Kanonkop en Dennesig.
“Al het die munisipaliteit reeds die oorskakeling in Dennesig voltooi, beleef inwoners in Helen Joesphstraat veral gereeld pypbarste,” het ’n inwoner anoniem gesê.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
