News

Dief breek helder oordag by motorhuis in

Daar is helder oordag by ’n motorhuis in Mineralia ingebreek.

Die inwoner, wie versoek het om anoniem te bly, het vertel dat die inbraak Woensdag laatoggend in Mangaanstraat plaasgevind het.

Die inwoner was nie tuis nie, maar het met sy aankoms gesien dat die dief ’n slot aan die motorhuis se roldeur afgebreek het.

Die vermoede bestaan dat die dief moontlik ’n sakgrawer was omdat daar baie sakgrawers deur asblikke gegrou het in die tydgreep van die inbraak.

Die dief het gereedskap uit die motorhuis gesteel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button