News

Tiener sterf in watergevulde gat by Nasaret

Tienerseun sterf in water tussen groot hope grond.

‘n Veertienjarige seun is vanmiddag dood nadat hy in ‘n gat naby die Nasaret begraafplaas, tussen Nasaret en Uitbreiding 24, geval het.

Alle aanduidings is dat hy moontlik verdrink het in die poel water wat tussen die hope grond gevorm het.

Van die Nasaret inwoners het lank op die toneel gestaan. Van hulle het kwaad gesê dat hulle al verskeie kere navraag gedoen het oor die gate en die hope grond wat al vir maande lank so lê.

“Daar is nêrens waarskuwingsborde aangebring nie en dit was baie onveilig daar. Nou is daar ‘n kind dood!”

‘n Jong seun, wat ook tussen die omstanders was, het vertel dat die seun wat gesterf het, lief was vir swem. “Ek het gehoor hy het in die water geklim om te swem, maar kon weens die steil kante nie uitkom nie.”

  • Daar is verneem dat familie van die seun wel op die toneel was en deur die polisie en ambulanspersoneel ondersteun is.

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button