News

Gee vir daai man…’n baksteen!!!!!!!!!!!!!!!

’n Tuinier het vanoggend ’n betreder met bakstene bestook toe hy hom in sy werkgewer se erf betrap het.

Die video waar die boef deurloop onder die bakstene is op die Noodroep Radiogroep Sektor 3 se noodgroep geplaas.

“Ek het my tuinier se hand gaan skud en vir hom dankie gesê nadat ek na die video gekyk het!” het me. Alet Maritz gesê.

Me. Maritz was gou hospitaal toe, want sy het ouma geword en die tuinier, Thabo Ngwatle, het aangegaan met sy werk in die tuin.
Met haar terugkeer het Thabo vir haar gesê dat daar iemand in die erf was.

Die man klim verwoed terug oor die muur terwyl die bakstene by hom verby vlieg.

Sy het dadelik die videomateriaal nagegaan en gesien hoe braaf Thabo opgetree het om die betreder te verjaag met bakstene.

Die videomateriaal wys hoe die betreder stadig oor die muur klouter en koes-koes langs die watertenk gaan staan.
Die volgende oomblik loop hy hom egter vas in Thabo, wat blitsvinnig bakstene opgetel en hom daarmee gegooi het.

Dit was een te veel vir die booswig, wat soos ’n vlakhaas terug verkas het na die muur waar hy en met ’n baksteen teen die bout aan die anderkant afgeval het.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button