News

Prokureur se plaas brand terwyl hy kritiek in hospitaal lê

Die bekende prokureur, Danie Koekemoer, is al vir meer as ’n maand aan ’n asemhalingsmasjien gekoppel en nou moet sy familie ook die trauma van ’n brand op sy plaas verwerk.

“Die Here is baie goed vir ons. Terwyl ons almal in Pretoria by Danie was, het die mense wat vir ons werk gehelp met die vuur. Danie se toestand is steeds kritiek, maar stabiel,” het Danie se vrou, Annemarie, vanoggend gesê.

Danie het op 30 Junie ’n hartaanval gehad en is sedert 1 Julie in die Wilgers Hospitaal.

“Hy het drie groot longinfeksies gekry, dit baklei en het oorwin. Hy is regtig ’n fighter.”

Annemarie het genoem dat alhoewel sy toestand nog baie kritiek is, hulle dankbaar is vir elke bietjie vordering, soos dat sy hartklop en bloeddruk gestabiliseer het.
“Daar is so baie mense wat vir hom bid en ons voel elke gebed doen wonderwerke.”

Sowat 70% van die plaas het afgebrand.

Gister moes die gesin weer magteloos vanaf Pretoria, waar hulle tans tuisgaan terwyl Danie in die intensiewe eenheid is, op mense se oop harte staatmaak toe hul plaas, The Wild Game Ranch, gebrand het. Die plaas is op die Groblersdalpad, sowat 60km buite Middelburg.

“Sowat 70% van die plaas het gebrand, maar ’n plaas langs ons en ’n gedeelte van ’n plaas agter ons het ook gebrand.”

Weer het hulle die krag van gebed ervaar, toe daar genadiglik geen skade naby die huise was nie.

Daar is reeds baie van die wild gesien en vanoggend het personeel begin rondry om te soek na van die bokke en kameelperde.

Op ’n video wat vir haar gestuur is, neem Piet Beukes ’n area af waar die “vuur in ruig bosse en lang gras net opgehou brand het, dit is amazing om daaraan te dink,” vertel die persoon van een van die wonderwerke wat ook gister gebeur het.

Personeel ry sedert vroeg vanoggend op die plaas rond om te kyk of enige wild dalk in die brand beseer is.

Daar is vir hulle vertel dat die vlamme op ’n stadium tussen drie en vyf meter hoog was en net daar, waar hy die ergste moes voortbrand, het die vuur gestop.

• Annemarie wil graag elke persoon bedank wat sedert Danie se siekte vir hom en vir hulle as gesin bid.

Sy sê ook dankie vir Dos Knoetze “wat haar huis vir haar oopgemaak het om so lank ek wil daar te bly om naby Danie te wees.”

’n Spesiale woord van dank gaan aan hul kinders Jarred Koekemoer, Marnus en Carla Vorster wat vanaf Pretoria reëlings getref het tydens die brand.

“Ons werknemers, hoe kan ons dankie sê vir alles wat julle gedoen het! Rikus Swart, Stiaan de Beer, Piet en Elize Beukes en hul werkers en Aiden Grobler. Julle het alles hanteer terwyl ons nie daar kon wees nie.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Check Also
Close
Back to top button