News

Verdagte gearresteer nadat inwoners hom vastrek

’n Vrou het vanoggend histeries begin skreeu toe sy deur haar kombuisvenster deur ’n inbreker verras is.

’n Inwoner van Zuidstraat, mnr Henk le Roux, vertel dat sy huurder ’n senuweewrak is nadat die verdagte gepoog het om by haar woning in te breek deur die motorhuis oop te forseer.

Die vrou se angsbevange gille het vinnig aandag getrek en verskeie mense, insluitende mansonderwysers van Laerskool C.R. Swart, het die vrou te hulp gesnel.
Die verdagte het toe soos blits op die vlug geslaan.

Volgens mnr. Le Roux kon die groep onderwysers daarin slaag om die verdagte in ’n naburige erf vas te keer, en hy is aan die polisie oorhandig.
Die laerskool wou egter geen kommentaar lewer nie.

Die verdagte is aangekla en sal more oggend in die hof verskyn.

Hy kan eers met sy hofverskyning geïdentifiseer word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button