News
Kameraderie by landloop
As die duwweltjies steek, dan hou jy aan hardloop tot jou maats kan help om dit uit te haal!
Tydens die Mpumalanga landloop kampioenskappe, wat in en om die Kees Taljaard Stadion gehou is, was daar atlete wat kaalvoet gehardloop het.
Op sekere areas was daar duwweltjies wat geniepsig gesteek het, maar die atlete het deur die seer gehardloop tot by die eindpunt.
• Logan Mclean het na die wedloop op die sementtrappies aan die oorkant van die stadion gaan sit en ’n ander atleet het hom kom help om dit uit te trek. Dit is mos kameraderie!
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
