News

Inwoners soek man met BMW se bloed

Wie is die bestuurder van die BMW wat deur Middelburg se strate jaag en “skote afvuur”?

Die dorp was weer in rep en roer gisteraand toe daar op veiligheidsgroepe gerapporteer is dat “geweerskote” afgevuur word.
Dit was egter weer die selfde voertuig wat verlede week in Dennesig en die middedorp rondgejaag en laat klink het of daar geskiet word.

Die Middelburg Observer het intussen vasgestel dat daar wel een BMW-voertuig op die dorp is wat met sagteware toegerus is, wat dit laat klink of daar ’n skietery is.
Omdat inwoners so skrik op die lyf gejaag word en die skote klink of dit werklike geweervuur is, soek almal nou die man se bloed.

Een inwoner het so geskrik dat hy laat weet het “die koeëls het nounet oor my kop gegaan”.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button