News

Video: Hond uit diep gat gered

’n Vriendelike staffordshire kruising is deur die Middelburg Dierebeskermingsvereniging uit ’n diep gat in Mandelarylaan gered.

Senior-inspekteur Petro Oberholzer (Middelburg DBV bestuurder) het vertel dat ’n verbyganger die hond hoor tjank het en hulle gebel het.

Seage Msiza (DBV) moes met ’n leer in die gat klim om die hond uit te haal.

Seage Msiza en Prince Mokwena is met ’n leer na die area, waar Seage ingeklim en die hond uitgehaal het.

Nadat die hond gered is, is sy ondersoek en is gevind dat sy geen beserings opgedoen het met die val in die gat nie!

Seage buk by die hond om te help.

• Snr-insp. Oberholzer sê die hond is baie vriendelik en die DBV kan teen die einde van die week gekontak word by 013 246 1201 vir navrae oor moontlike aanneming.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button