News

Baba vir Covid in hospitaal behandel

’n Drie maande oue baba is vir vier dae in die Life Midmed Hospitaal vir Covid behandel.

Me. Liza-Marie Botha sê hul baba, Janco, was vir twee weke siek en het op ’n stadium beter geword.
Hy het egter skielik baie sieker geword met erge koors en het ook opgegooi.

Hulle is met hom dokter toe en daar is aanvanklik vermoed hy het brongitis en hy is in die hospitaal opgeneem.
Toetse wat by die hospitaal gedoen is, het egter gewys hy het Covid.

Hul ouer seuntjie, JC, is ’n dag nadat sy bababoetie in die hospitaal opgeneem is, ook opgeneem met ’n erge borsinfeksie.

JC Botha (twee en ’n half) was ook siek en in die hospitaal, maar het negatief vir Covid getoets.

“Albei was baie siek, maar JC het negatief getoets vir Covid!”

Hul ouma, Bessie Botha, het ook positief vir die virus getoets.

• Die twee seuntjies was beide verlede week in die hospitaal, en Jaco is Donderdag en JC Vrydag ontslaan.
Alhoewel albei nog bietjie hoes, is hulle baie beter.

• By navraag aan dr. Redge van Rensburg het hy gesê: “daar is Covid gevalle. Ek dink dis maar nou deel van die griep.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button