Vernon gereed om inwoners te inspireer
Vernon Barnard, die blinde Suid-Afrikaanse sanger, liedjieskrywer en motorveringspreker kom kuier vir ’n paar dae in Middelburg.
Hy het ’n paar optredes vanaf 10-17 September in Middelburg, waaronder by die NG Kerk, Suid gemeente, Inside Out, Laerskool Staatspresident C.R. Swart, Hervormde Kerk Noord-gemeente, Corn & Cob en Goodnews Ministries.
Die presiese dae en tye is in die Vrydag uitgawe van die Middelburg Observer.
Hy noem egter dat hy nog openinge het as mense wil reël dat hy kom sing en met hulle gesels en besprekings kan gedoen word by Carin du Plessis by 072 106 5231.
Prestasies:
• Almal sal Vernon onthou toe hy ’n finalis was in The Voice South Africa in 2016.
Sedert sy deurbraak-oomblik op The Voice, het Vernon sukses behaal in beide Engelse en Afrikaanse musiek, wat die volgende insluit:
• Sy oudisie-video, van ‘Story of my life’ het die kuberruim gaande gehad en is 28 846 378 keer gekyk! Selfs die akteur Ashton Kutcher het daaroor kommentaar gelewer!
• Sy Engelse debuut enkelsnit, ‘I like it that way’ is genomineer vir 2 OFM Golden Note toekennings (21/09/2017) en is aangewys as die beste liedjie vir 2017.
• Sy Afrikaanse debuut enkelsnit, ‘Daai liedjie’, is genomineer vir 3 Bokkie-toekennings (2017) en genomineer vir ’n Tempo Huisgenoot-toekenning (2018).
• Met sy debuut-album. ‘Deur jou oë’ is duisende CD’s verkoop en is dit ook aanlyn aangekoop. Daarvoor is hy genomineer vir ’n Ghoema-toekenning (2019).
• Al sy enkelsnitte wat tot op datum vrygestel is, het uitstekende lugtyd op baie van SA se gewildste radiostasies ontvang en het top-status bereik.
• Sy jongste enkelsnit “Letsels” is geskryf, gekomponeer en opgeneem deur Vernon (2022).
Vernon is ook ook gereeld op musiekprogramme gesien, soos, The Voice en The Voice Global, Noot vir Noot (13/12/2018), Musiek Roulette (21/03/2019) Jukebox, SA Top 20, Toks en Tjops, “In die kollig met Ricus Nel’ (SABC 2 Januarie 2023),
TV-programme waar Vernon gesig gewys het, sluit in: ‘Bravo met Tracey Lange’ (DSTV 144 – 2016), ‘Bravo met Ewan Strydom’ (2022). ‘In jou skoene met Bobby en Karlien van Jaarsveld’ (DSTv (2017), ‘Mense se opinies oor die Stem -Vernon Barnard’ (2017), ‘Expresso’ (Maart 2017), ‘Die Groot Ontbyt’ (Maart 2017), ‘Ontbytsake’ (Julie 2017).
Sportverskynings:
Volkslied uitgevoer in Johannesburg – Rugby SA vs Ierland (18 Julie 2016), Opgetree by die 25 jaar Krieket Suid-Afrika Toekennings (KSA) 2016.
Feeste:
KKNK (paar keer), Aardklop, Kunstekaap CT – Opgevoer met kore (2018) Rockwood Teater Pretoria – ‘A Beautiful Noise’ (01/06/17-30/07/17), Helderbergfees (17/10/2021), Die Hart van Helderberg (01/04/2023), Camp Rock Festival Namibië Toer (2020), Marchand Fees (2019), SA Toyota-toekennings 2019, Aluwani Capital Partners 2019 jaareindfunksie
Oorsee: Opgetree in Hong Kong (1-5 Mei 2017) en is genooi om deel te neem aan X-Factor Georgia (wat oorvleuel het met SA).
Liefdadigheidsorganisasies:
• Ontbyt saam met Olivier-gesin – dogters en ma het sistiese fibrose.
• Ontbyt saam met Corban en Samantha, wat albei doof is (19/09/2015).
• Navigeer en tree op by jaarlikse Pioneer Ralley vir blindes (Worcester).
• Verskeie KANSA, Vigs, DBV optredes vir fondsinsamelings.
• Afrisaam Piekniek vir Michelle – Springs (05/11/2017).
• Konsert – ’Saving Amy’s Sight’.
• Optrede by jaarlikse ‘White Stick’ fees Australië (aanlyn).
Motivering:
• Gasspreker vir 120 joernaliste by die ’No Guts, No Glory, No Story’ Seminaar (2015).
• Bied Hoërskool Die Wilgers Graad 11 spanboukamp aan (2019).
• Motiveringspreker op OFM ‘Own It ’ – nege maandelikse episodes 2019/2020.
• Hou ’n motiveringsdag vir personeel by die Blade-oord, Pretoria (2019).
• As avonturier:
• Klim Tafelberg (2018),
• Doen rotsklim (2019).
• Kry geleentheid om ’n spoedboot te bestuur.
Sport: Verteenwoordigd SA Blinde Krieketspan (2012 Indië & 2014 SA).
Met sy besondere positiewe geaardheid en sy spreekwoord: “Turn your pain into power” is Vernon ’n inspirasie vir almal.
