News

Ma glo vrou wou haar kind “steel”

’n Ma glo dat ’n vrou in ’n blou oorpak wat vir haar kind ’n lekker gekoop het, “die kind wou steel”.

Me. Gezelle du Plessis sê hulle is Dinsdagoggend omstreeks 11:00 na OK Grocer in Mineralia om ’n paar goedjies te gaan koop.
Sy het dadelik die vrou opgemerk wat buite al met haar kind begin gesels het.

“Eers het ek niks daarvan gedink nie, maar sy het haar geroep om vir haar lekkers te gee en ek het onmiddellik nee gesê.”

Me. Du Plessis is in by die kruidenierswinkel en, volgens haar, het die vrou in elke rak af gegaan waar hulle was.
Sy is haastig na die betaalpunt toe, waar sy weer die vrou opgemerk waar sy vir haar kind lekkers probeer gee.

“Sy het ’n grappie gemaak en gesê sy sal my kind se ysie vat en dan vat Nunu haar lekkers, maar my kind moet kom terwyl ek betaal en sy moet deur toe gaan. My kind is amper vyf jaar oud! Hoe kan ’n ma dit toelaat!”

Me. Du Plessis sê sy is uit by die winkel en het sy opgemerk dat die vrou agter hul aanloop.

Sy het haastig met haar kind in die kar gespring en weggery.

• Me. Du Plessis het van die gebeure op noodgroepe vertel.

• Mnr. Leon Prinsloo (eienaar, OK Grocer Mineralia) het genoem dat hulle van die klagte gehoor het en die videomateriaal nagegaan het.
Hulle het wel gesien dat die vrou ’n lekker aanbied vir die kleuter in die ry, maar het nie enige aggressie by haar opgemerk nie.

 
Back to top button