News
Hawelose het moontlik Reclam brand veroorsaak
’n Hawelose wat vuur gemaak het in die veld naby Reclam, is waarskynlik die sondebok wat die reuse vervoerband brand veroorsaak het.

Die sekuriteitswag van Titon Sekuriteit het later vertel dat hy Sondag by ’n naburige besigheid diens gedoen het, toe hy die hawelose in die veld opgemerk het.
Die volgende oomblik het hy gesien die man het ’n vuur gemaak en dat die wind dit aanjaag in Reclam se rigting.
Hy het dadelik alarm gemaak en sy bestuurder gebel, vanwaar die nodige hulp ontbied is.
• Die hawelose het weggehardloop toe die vuur buite beheer raak en het die sekuriteitswag gemeld dat hy ongelukkig nooit die man se gesig gesien het nie.
• Die reuse swart rookwolke is tot laat die nag gesien.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.