News

Bokkoors loop hoog met dorp in groen getooi

Middelburg het koors, Bokkoors!

Die dorp is in groen getooi en al speel hulle gunsteling seun nie Sondag teen Skotland nie, het dit beslis nie die gees gedemp nie.

Kwagga Smith is op verrassende wyse weggelaat uit die span met Marco van Staden die voorkeur keuse as ekstra losvoorspeler.

By Hoërskool Kanonkop en Hoërskool Middelburg het die gees hoog geloop, al was die matrikulante besig met rekordeksamen.

Dit was ’n see van groen en daar was groot opgewondenheid vir die rugby wêreldbeker wanneer die All Blacks en Franse mekaar pak.

Die twee skole was ook bereid om hulle groen Bokkleure vir die Middelburg Observer te wys.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button