News

Diewe steel by besigheid nadat eienaar gesterf het

Diewe steel by besigheid nadat eienaar oorlede is.

Geen saak kan gemaak word nadat gesteelde wielvellings teruggekry is nie, aangesien die eienaar daarvan verlede week weens Covid nagevolge oorlede is.

Mnr. Hans du Preez (Titon) sê personeel van Midtest het hulle vanoggend gekontak en gesê daar is mense wat wielvellings op ’n trok laai naby die ou silo’s in Middelburg.

Titon reaksielede het hulle soontoe gehaas en net die eienaar van die trok daar gekry.

Hy het vir hulle gesê dat ander mans hom net gehuur het om die wielvellings na ’n skrootmetaal besigheid te vervoer.

Die mense wat die vellings opgelaai het, het weg gehardloop voor die reaksielede opgedaag het. Daar is ook wielvellings in die veld gekry, waar die booswigte dit versteek het.

Mnr. Du Preez meld dat hulle die area gefynkan het en verneem het dat die vellings (17 in totaal) gesteel is by ’n besigheid in Weberstraat.

Met hul aankoms daar, het een van die buurbesighede vir hulle gesê dat die eienaar van die besigheid waar die wielvellings gesteel is, ’n Nigeriër, verlede week oorlede is.

Hy het weens nagevolge van Covid gesterf.

“Ons kon nie ’n saak open nie, want die klaer is oorlede.”

Die span van Titon het die gesteelde wielvellings teruggeneem na die besigheid.

Daar is verneem dat die oorledne se familie in kennis gestel is van sy afsterwe en dat hulle van Nigerië af sal kom om die artikels in die winkel uit te sorteer.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Check Also
Close
Back to top button