News

Kinderhuis droog en in die donker, inwoners ly al vir twee jaar

Die Belfast Kinderhuis, skool koshuise en omtrent elke belastingbetalende inwoner is vir die hoeveelste keer sonder krag en water gelaat sonder enige terugvoer van die Emakhazeni Plaaslike Munisipaliteit.

Nico Meyer, ’n personeellid van die kinderhuis sê inwoners is keelvol vir die daaglikse onderbrekings wat nou al maande duur.

Mnr. Meyer vertel dat die kinderhuis daagliks met die selfde krisis sit waar hulle nie kan wasgoed was, kosmaak of toilette spoel nie, en dat die kinders ook gereeld nie kan bad nie.

“Ons werk met kinders! Boonop verwag ons ’n besoek van die Departement van Gesondheid, en as hulle ons deure moes sluit wat word van die kinders?”

Mnr. Meyer vertel dat dit egter nie net hulle is wat daardeur geraak word nie, en dat Platorand Skool en Belfast Akademie beide koshuise het. Honderde inwoners wend hulleself ook na WhatsApp-groepe waar klagtes instroom.

“Daar is elke dag ’n ander verskoning. Beurtkrag is een ding maar ons sit ook gereeld met kragonderbrekings as gevolg van foute. Die munisipaliteit sit ook gereeld summier die krag af om kabels te herstel, maar lig nooit inwoners in nie en as mens bel om te hoor wat aangaan dan antwoord hulle nie die fone nie!”

Hy het bygevoeg dat die gereelde kragonderbrekings ook watertoevoer affekteer omdat reservoirs nie kan voltap nie.

“Ons is oortuig dat daar amptenare is wat in poste sit waarvoor hulle nie gekwalifiseer is nie, ons word net leuens gevoer!”

• Die Middelburg Observer het die Emakhazeni Plaaslike Municipaliteit se kommunikasiekantoor geskakel vir kommentaar maar kon hulle nie in die hande kry nie.

Dienslewerings klagtes word nou al vir meer as twee jaar van Belfast inwoners ontvang en die kwessie is selfs onder die aandag van Bosman Grobler, DA parlementslid gebring.
Die probleem is dat die munisipaliteit nie eers telefone beantwoord nie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button