News

Tyd min om te skryf vir Tennis Kragdag

Die tyd raak min vir tennisspelers om in te skryf vir die jaarlikse Deltec Kragdag op 30 September.

Inskrywings sluit op 16 September vir dié toernooi, wat die grootste ooit in die geskiedenis van die dorp sal wees.

Bekende omroeper, Martin Bester, sal ook te siene wees.

Henning Benadie is die voorsitter van die Middelburg Tennisklub (MTC) en ook hoofborg (Deltec) van die Kragdag. Hy sê dit is ’n unieke dag met meer as 100 spelers wat op verskillende bane tegelyk sal speel.

Daar sal op die tennisbane by die Middelburg Tennisklub in Kanonkop, asook by HTS Middelburg en die Middelburg Buiteklub gespeel word.

Die beste speler van die dag wen R5 000 en elke speler wat inskryf, kry ’n R50 koopbewys vir eet- en drinkgoed.
Al die wenners ontvang medaljes en daar is ‘n R5 000 prys op die spel vir die speler van die dag.

Daar is nog stalletjieruimte beskikbaar (geen herhalings) en is beskikbaar vanaf R100 per stalletjie sonder krag.

Toegang is gratis vir die gemeenskap.

Vir inskrywings, stalletjies en borgskappe, bel Henning by 072 338 1130.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button