News
Marnus se begrafnis vandag 14:00
Marnus Wolmarans (65) se begrafnis is vandag om 14:00 uit die Light Ministries gemeente in Dahliastraat.
Marnus is verlede Dinsdag in die intensiewe eenheid van die Life Midmed Hospitaal weens nagevolge van emfiseem oorlede.
Hy was vir 33 jaar werksaam by die Departement van Openbare Werke as menslike hulpbronne administrateur en het in Desember 2022 met pensioen gegaan.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
