News
Ongeluk op N4 eis kinders
Drie mense, waaronder kinders, is vroeg vanoggend in ’n ongeluk dood op die N4 tussen Arnot en Woestalleen.
’n Swaar vragmotor, wat die pad tans versper, ’n taxi wat kinders vervoer het en ’n kar was in die ongeluk betrokke.
Die pad is nie gesluit nie, maar verkeer beweeg teen ’n slakkepas en motoriste word vesroek om eerder alternatiewe roetes te gebruik.
Daleen Naude van die Middelburg Observer is op die toneel en sal ’n opvolgberig oor die ongeluk doen.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
