Motoriste wat deur die tolhek in Middelburg se rigting ry, wonder wat die swart rookwolke by Middelburg veroorsaak.
‘n Motoris het pas laat weet dat hulle ook die rookwolke, wat aangejaag word deur ‘n sterk wind, vanaf die tolhek gesien het.
Hulle het afgedraai Middelburg se kant toe en gesien dat die brand op die Vandyksdrifpad is, op pad na die treinbrug by die drierigtingstop (ou Middelburg/Witbankpad).
“Dit brand altyd daar, maar vandag is dit baie naby aan daardie huis,” is gesê.
Die oorsaak van die brand is nog nie bekend nie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
