News

Tokkie het empatie met bejaardes gehad

Tokkie Panther, die vrou wat ’n besondere sagte hart vir die bejaardes van die SAVF Tehuis vir Bejaardes gehad het, is verlede Woensdag in die Life Midmed Hospitaal oorlede.

Me. Panther wat vir agt jaar die finansiële bestuurder by die tehuis was, was geliefd onder almal wat haar geken het.

Haar man, Cobus, het genoem dat sy ’n paar jaar gelede ’n operasie ondergaan het en dat daar daarna nog talle ander operasies gevolg het.
Die afgelope twee jaar was sy 20 keer in die Eugene Marais en die Life Midmed Hospitaal.

Sy is twee weke gelede weer in die Life Midmed Hospitaal opgeneem, waarna sy verlede Maandag na die intensiewe eenheid geskuif is, waar sy Woensdag oorlede is.

• Die begrafnis is more (Woensdag, 13 September) om 10:30 uit die NG Kerk, Kanonkop gemeente.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button