News

Derby is gered – HTS Middelburg weer in plaatafdeling

Die jaarlikse derby tussen Hoërskool Middelburg en HTS Middelburg is gered.

Daar was kommer dat die jaarlikse kragmeting, wat die dorp tot stilstand bring, nie meer sou plaasvind nie, omdat HTS Middelburg moes afskuif na die skildafdeling.

Die wedstryd het vanjaar by HTS Middelburg as ’n ligabepaling plaasgevind, omdat albei skole in die plaatafdeling in aksie was.
Daar sou na ’n datum vir die derby gesoek moes word.

Goeie nuus is dat daar tydens ’n Noordvaal rugbyvergadering besluit is dat die spanne vanaf agt na nege vermeerder word.
Dit beteken dat HTS Middelburg weer in die plaatafdeling in aksie is.

Die spanne wat meeding is Hoërskool Middelburg, HTS Middelburg, Kemptonpark, Klerksdorp, Ligbron, Oos Moot, Montana, Transvalia en Zwartkop.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Check Also
Close
Back to top button