News

Video: Brandende bande het swart rookwolk veroorsaak

Die swart rookwolke wat gister die lug gevul het, was bande wat gebrand het.

Raadslede Helda de Klerk, Hennie Niemann en Johan Dyason het laat gistermiddag gaan ondersoek instel nadat ook hulle die swart bolle rook gesien het.

Rdl. De Klerk sê die area is geleë naby die T-aansluiting van die Keiskammastraat verlenging en die Vandyksdrifpad.
Sodra ’n mens links gedraai het vanaf die T-aansluiting, draai daar ’n grondpad uit na die area waar daar ook ’n huis staan.

Hulle het die brandende bande gekry en met die Omgewingsgesondheid afdeling by die munisipaliteit gepraat.

Rdl. Niemann sê dat die departement al voorheen saam met die brandweer daar was.
’n Kennisgewing is toe aan die persoon bedien.

Die departement gaan nou ’n hofbevel teen die brand van die bande kry.

“Daar lê ’n hengse klomp bande en ek glo dit het ook later aan die brand geraak nadat ons daar was. Dit is ontsaglike lugbesoedeling!”

• Motoriste wat gereeld op die Vandyksdrifpad ry, het na gister se berig op die webtuiste, reageer.
Daar is gesê dat hulle op ’n gereelde basis die swart rookwolke op die selfde plek sien.

Gister se wind het dit net baie erger as gewoonlik gemaak.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button