News
Reddingspanne gaan soek na bestuurder van vragmotor
Soek en reddingspan is oppad om trokdrywer te soek.
Die drywer van ’n trok wat net na 06:00 omgeslaan het langs die N4, word steeds gesoek.
Die ongeluk het gebeur net na die Middelburg Tolhek voor die Olifantsrivierbrug.
Louwtjie Swart, van Van Wettens Insleepdienste, is op die toneel en het reeds die trok regop getrek.
Daar is verneem dat die passasier wat in die trok was, kort na die ongeluk opgepik is met ’n voertuig.
Soek- en reddingspanne is na die toneel ontbied, aangesien die drywer nog nie opgespoor is nie.

Daar gaan onder andere onder die steenkool gekyk word of hy nie moontlik daar vasgepen is nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
