News
Noodgroep stuit vlamme voor dit bejaardes se huisies bereik
Die lede van die Noodroep Radiogroep Sektor 3 het Woensdagaand blitsig ingespring om ’n veldbrand met tuinslange te blus, wat gevaarlik naby aan die huise van die Vergeet My Nie Aftree-Oord gekom het.
Erika Grobler (NRRS3 skakelbeampte) sê hul lede het omstreeks 21:45 patrollie gery by Vergeet My nie toe hulle die veldbrand opmerk.
Hulle het besef dat die veldbrand te naby aan die bejaardes se huisies is en moontlik gevaar kon inhou vir die geboue.
Die lede op die toneel het bystand gevra vanaf hul reaksielede en almal het ingespring om met tuinslange die vuur te blus.
• Die inwoners van Vergeet My Nie bedank die volgende NRRS3-lede wat hul huise veilig gehou het: Izak du Plooy, Karools Benadie, Karel (Bosvark) Schmahl, Juanita Groenewald en Barend Labuschagné.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.