News

In die Suide spoel mense weg, in die noorde brand hulle weg…nou is daar stormwinde op pad

Die weer is deurmekaar! In die suide van die land verspoel die mense met die see wat hemelhoë branders uitskiet en in die noorde waai almal weg!

Middelburger Frikkie Walsh het vandag vir werksverpligtinge na Volksrust gependel.

Omstreeks 14:00 vanmiddag het die weer onheilspellend van lieflike sonskyn na donker wolke verander en het ’n stormsterkte wind opgekom.

Frikkie Walsh se vriend het hom deur die venster afgeneem terwyl sy hare wild deurmekaar gewaai word met die wind.

Op die videos wat Frikkie geneem het, klink dit amper soos ’n tornado soos die wind waai.
’n Mens sien hoe die donker wolke aangewaai word en die stof sig byna onmoontlik maak.

“Ons het 60km per uur gery en die wind het letterlik die kar heen en weer oor die pad geruk.” Dit het ook gesifreën.

Sowat 15 minute uit Volksrust uit, het die son weer helder geskyn en kon hulle nie glo hulle was pas in ’n erge windstorm nie.

Sowat vyftien minute se ry uit die dorp uit op pad na Middelburg, was die wind skielik weg en het die son weer deurgekom.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Check Also
Close
Back to top button