News

Titon vind TV in trollie in SADCstraat

Twee op en wakker reaksiebeamptes van Titon Security het ’n plaaslike huishouding vroeër vanmore groot uitgawes en moontlike verveeldheid gespaar, toe hulle ’n platskerm televisiestel by verdagtes in SADCstraat afgeneem het.

Volgens Titon Security het reaksiebeamptes Martin Meintjes en Beneen Groenewald roetine patrollie in die area gery en gesien hoe ’n man omstreeks 09:00 die TV in ’n winkelwaentjie in SADCstraat stoot.

Hulle het by hom gestop maar die man het dadelik omstanders geroep wat hom te hulp gesnel het.

Die groep mans wou ook die twee beamptes met knopkieries aanrand, waarna versterkings geroep is.
Terwyl versterkings geroep is, het die groep mans op die vlug geslaan.

Die TV is na die polisiestasie geneem waar dit deur die eienaar opgeëis kan word.

Titon sê dat hulle geen alarm van enige van hul kliënte ontvang het nie, maar vermoed die TV is tydens ’n inbraak gesteel.
Daar is ook bloed op die TV gevind, wat Titon laat dink dat die inbreker hom dalk tydens die inbraak beseer het.

Die TV is in goeie werkende toestand sê Titon.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button