News

Blitsbok-week spring weg

Hoërskool Kanonkop se Erefenis- en Sewesfees saam met die Blitsbokke het gister weggespring en dis hierdie hele week ’n mallemeule-rit met talle gesellighede en die Sewesdag Saterdag by die skool.

Vanmiddag bied die Blitsbokke ’n afrigtingskliniek vir laerskoolseuns aan.

Dit is ’n bedrywige aand met die Hyena-nagwedloop in samewerking met die Middelburg Marathonklub.
Dieselfde tyd begin die saamkuier saam met “Ou” en “Nuwe” Blitsbokke op die rusbank wat staaltjies sal vertel.

Manne op die rusbank is Dirkie Strydom (skool se sportorganiseerder en oud-sewes Shark- en Springbokspeler), Sandile Ngcobo (Sewes Bokafrigter), Marius Schoeman, Deon Oosthuizen en Toy Dannhauser.

More (Donderdag) is die gholfdag waar die Blitsbokke ook gesien gaan word.

Dit is ’n bedrywige Vrydag (22 September), want al die skool se sportspanne kom om 10:00 by die skool byeen vir ’n reuse optog saam met die Blitsbokke deur die dorp.
Hulle sal tussen 11:00-13:00 deur die dorp beweeg en by die laerskole verbyry.

Daar word gevra dat alle motoriste sal toeter druk as hulle die optog sien en dat dié wat langs die strate staan, ook sal brul soos Hoërskool Kanonkop se gelukbringer, die swart leeu, “Maximus”.

Saterdag is die sewesfees en word daar ook vertoonwedstryde deur die Blitsbokke gespeel.

Hekke open om 07:00 en toegang is R50 per persoon en R20 vir voertuie. Toegang vir kinders is gratis.

Die volledige program van die dag kan in die Vrydag uitgawe van die Middelburg Observer gesien word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button