Die klomp skooldasse wat by die rivier gestort was.
Maar waarom sal iemand dasse langs die Klein Olifantsrivier gaan weggooi?
Daar is vanoggend erg kopgekrap toe dr Kobus Terblanche op ’n groot klomp skooldasse van Laerskool C.R. Swart by die Klein Olifantsrivier afgekom het.
Die misterie is egter opgelos, nadat dit gesien is die dasse behoort aan Willie Jay School Ties SA, ’n agent wat aan plaaslike skole voorraad verskaf.
Willie is gekontak, en hy het bevestig dat die skooldasse nie meer gebruik word nie, nadat Laerskool Staatspresident CR Swart hulle dasse verander het.
Die klompie dasse, wat as oortollige voorraad hanteer is, het waarskynlik in die verkeerde hande beland.
Die Middelburg Observer het die dasse gaan haal en Willie het dit by ons kantore kom afhaal.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.