
Maar waarom sal iemand dasse langs die Klein Olifantsrivier gaan weggooi?
Daar is vanoggend erg kopgekrap toe dr Kobus Terblanche op ’n groot klomp skooldasse van Laerskool C.R. Swart by die Klein Olifantsrivier afgekom het.
Die misterie is egter opgelos, nadat dit gesien is die dasse behoort aan Willie Jay School Ties SA, ’n agent wat aan plaaslike skole voorraad verskaf.
Willie is gekontak, en hy het bevestig dat die skooldasse nie meer gebruik word nie, nadat Laerskool Staatspresident CR Swart hulle dasse verander het.
Die klompie dasse, wat as oortollige voorraad hanteer is, het waarskynlik in die verkeerde hande beland.
Die Middelburg Observer het die dasse gaan haal en Willie het dit by ons kantore kom afhaal.