Kabeldiewe teiken nou stukkende verkeersligte met vyf wat reeds afgesaag is
Op beide hoeke was die verkeersligte buite werking die afgelope paar dae.

Drie verkeersligte is gedurende laasnag op die hoeke van Verdoornstraat en Zuidstraat afgesaag en die elektriese kabels daarna uitgesteel.

Twee ander verkeersligte is gedurende dieselfde strooptog op die hoeke van Bonckerstraat en Koetsstraat afgesaag en die kabels gesteel.
Op beide hoeke was die verkeersligte buite werking die afgelope paar dae.

Mnr. Henk le Roux wat in Zuidstraat woon glo juis die verkeersligte is geteiken omdat hulle buite werking was.
Beide areas se verkeersligte, en ook ander in die dorp, is boonop in die afgelope ruk deur DA raadslid Hennie Niemann aan die munisipaliteit gerapporteer.

Volgens raadslid Niemann is daar aan hom vertel dat die munisipaliteit wag vir parte om die verkeersligte te herstel.
Kabeldiefstalle is ‘n geweldige probleem vir die munisipaliteit wat reeds uit sy straatlig begroting moes geld vat om kabels te vervang.

Nie-werkende straatligte vererger net die probleem, want kabeldiewe gaan ongesiens voort met die diefstalle.
Kabeldieffstalle vind juis die meeste van die tyd tydens beurtkrag plaas.

Totdat skrootmetaalkopers nie vasgevat word nie, sal die mark vir koper aanhou blom.
Die pale van die verkeersligte is netjies afgesaag en agter gelaat op die grond, wat mnr. Le Roux stomslaan omdat dit die diewe ‘n rukkie sou moes vat, en niemand niks verdag opgemerk het nie.

Volgens raadslid Niemann “werk die munisipaliteit aan die situasie.”

