News
Boer vra hulp na Cruiser uit motorhuis op Ribbokkloof verdwyn
Die registrasienommer is BWR061MP.

Plaaslike boer Dorus Bothma vra die gemeenskap om op die uitkyk te wees vir ‘n duur Land Cruiser wat gedurende laasnag op sy plaas Ribbokkloof uit ‘n motorhuis gesteel is.
Die bakkie word deur ‘n nutsman op die plaas bestuur.
Die nutsman het vanoggend toe hy die Cruiser wou gaan uittrek, gemerk dat die bakkie weg is.
Die motorhuis is gedurende die nag oopgebreek en die Cruiser is gesteel.
Volgens mnr. Bothma word net die Cruiser op die stadium vemis.
Hulle vermoed die boewe het in Stoffberg se rigting met die bakkie gevlug.
Die registrasienommer is BWR061MP.
Indien die Cruiser gewaar word, kan mnr. Bothma by 082 388 3248 geskakel word.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.