News

Angsgille is toe al die tyd die blêêê…rie bokke

Daar is ’n nuwe ‘bokkie’ in die buurt!

’n “Bloedstollende” geroep om hulp het inwoners van Kanonkop gisteraand koue rillings gegee.

Daar is dadelik op noodgroepe vir hulp gevra “oor ’n man wat verskriklik gil.”

“Word hy aangeval?” het iemand gevra.

’n Ondersoek het bevind die “hêêêllpp”… is eintlik “mêêê…”

Die benoude gille kom van boerbokke wat in die woonbuurt agter in ’n erf aangehou word.

Die inwoner roep die bokke en hulle antwoord elke keer met daai skril “mêêê…”

* Die erge geskree wat gister en vanoggend in Vygiestraat gehoor is, was gelukkig geen nood nie. Dit is ’n man wat na sy boerbokke roep en hulle hom dan al blêrend antwoord.

Daar is gister op die Vygiestraatgroep en die Dagpatrollie-noodgroep vir hulp gevra nadat ’n man “benoud geskree het”.

Lede van die Dagpatrollie het op en af in Springbokstraat gejaag, maar kon nie die man in nood opspoor nie.

Vanoggend is die geskree weer gehoor, waarna ’n inwoner van Vygiestraat oor ’n muur geloer en gesien het hoe ’n man op sy boerbokke skree. Daar is vier bokke opgemerk.

Die man, wat in Springbokstraat bly, het gesê dat hy die bokke ‘roep’ en dat hulle hom dan ‘antwoord’.

•Die Middelburg Observer is na die huis maar die eienaar het nie reageer op die koerant se geroep nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button