Met meer as 160 spelers wat ingeskryf het, is die Deltec Kragdag tennistoernooi opgebreek in drie dae!
Die “Rising Stars Kids” wedstryde het vanoggend al begin en sal tot omstreeks 13:00 gespeel word.
Hoofborg en -organiseerder Henning Benadie meld dat tennis more (Saterdag) al 06:00 sal begin by by die Middelburg Tennisklub se bane en by HTS Middelburg.
Saterdag is die hooftennisdag en sal dit ’n miernes van bedrywighede wees by die Middelburg Tennisklub.

Buiten hope aksie met die tennis op die bane tot omstreeks 18:00, is daar 56 stalletjies met van pannekoek tot koffie waar mense kan rondkuier.
Gert Lapa het ook ’n stalletjie waar skaapkerrie gekoop kan word.
Henning sê toeskouers moet onthou dat hulle gratis inkom by die hekke!
Die gewilde sanger, Armand Hofmeyr, se optrede is om 12:00 Saterdag en almal moet onthou om hul eie kampstoele saam te bring.
Sondag sal daar
“Moenie bekommerd wees oor die weer nie! More gaan dit ’n sonnige dag wees en buiten jou stoel, moet jy dus ’n hoed en sonbrandroom ook onthou.”

• Persone wat stalletjies bespreek het, kan al 05:00 more-oggend begin opstel en moet die stalletjies teen 07:30 gereed wees vir die publiek.
• Sondag sal die laaste tenniswedstryde afgehandel word.
