News

Trokkaping vinnig gefnuik deur slim trokdrywer

Met die flinke optrede van ’n trokdrywer, is ’n kaping gisteraand omstreeks 22:00 op die Middelburg/Bethalpad, by die eMalahleni-kruising gefnuik.

Mnr. Hennie Bekker (Distrikskoördineerder, Afriforum) sê die boodskap het gisteraand net na 22:00 ingekom dat daar ’n poging tot kaping is.
Hyself het van Bethal se rigting na die toneel, wat sowat 10km buite Bethal geleë is, gejaag. Hy was om 22:16 op die toneel.

Mnr. Bekker meld dat die drywer van die trok (van ’n maatskappy in Bethal) vanaf eMalahleni se rigting op pad was na Bethal.
By die T-aansluiting (Middelburg/Bethalpad) het hy gestop.

Op hierdie tydstip het vier verdagtes uit die bosse gespring en die agterste kleppe op die trok, wat op die remme werk, geteiken.

Die drywer het agtergekom daar is skielik fout met die remme en het uitgeklim. Hy het die trok gesluit en die sleutels gevat terwyl hy uitgeklim het.
Hy het die booswigte gesien, waarop hy dadelik die bosse ingevlug het en vir hulp gebel het.

Mnr. Bekker sê na aanleiding van kameras op die trok, was die kapers om 22:12 nog by die trok, maar het kort daarna gevlug.
Hy was vier minute later op die toneel en het die drywer op sy selfoon gekontak, wat kort daarna uit sy wegkruipplek gekom het.

Die Bethal CPF, Acsu Bethal en Sipru Sekuriteit van Kriel was enkele minute na hom daar om bystand op die toneel te gee.

Die oomblik toe die drywer alarm gemaak het, is dit op noodgroepe deurgegee en het mnr. Henry Geldenhuys (President, TLU SA) dit op al hul veiligheidsgroepe geplaas.
Minute later het hy egter op die groepe laat weet dat die trok wel veilig is, nadat mnr. Bekker ook almal in kennis gestel het.

• Die drywer het geen beserings opgedoen nie, omdat hy vinnig weggehardloop het en die trok het ook geen skade nie, aangesien die drywer die sleutels by hom gehad het.

• Mnr. Geldenhuys nooi mense wat wil deel raak van hul veiligheidsnetwerkgroep, om hom te bel by 083 560 1273.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button