News

Britse toeriste moes bus ry toe trein nie kon nie

’n Groep van 62 Britse toeriste het gister (Maandag) by die Middelburg Stasie afgeklim nadat hulle 28 dae met die eksklusiewe Rovos Rail trein gependel het en onder andere die Victoria Watervalle besoek het.

Gisteroggend vroeg het hulle by die stasie afgeklim en het busse hulle kom haal vir ’n toer na Pretoria en middagete by Rovos Rail by Capital Park.

• Die groep het hier afgeklim omdat daar probleme op die spoorlyne was en dit baie langer sou neem as hulle van Middelburg af per trein gister na Pretoria sou pendel.

Die personeel van die Rovos Rail trein het afgeklim van die trein en vir die Britse toeriste gesing en vir hulle gewaai.

• Met die vertrek van die busse na Pretoria, het die personeel van die Rovos Rail ook afgeklim en vir die toeriste gesing en gewaai. ’n Video daarvan is goedgunstiglik deur ons dorp se stasieman, Johan Jansevan Rensbug, verskaf.

Liezel Prinsloo by die pragtige Rovos Rail wat gister by die MIddelburg Stasie aangekom het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button