News
Caroline se gedenkdiens Donderdag
Carol Hugo (63), wat verlede Sondag in haar slaap oorlede is, se gedenkdiens word Donderdag (5 Oktober) om 11:00 uit die Kruisgenerasie VEK gehou.
Me. Hugo het die vorige aand nog saam met haar familie die Bokke teen Ierland wedstryd by Ruby River Lodge gekyk. Toe hulle haar wou wakker maak die volgende oggend, was sy reeds oorlede.
Sy is deur familie beskryf as ’n liefdevolle persoon wat alles vir haar kinders en kleinkinders sou doen.
• Persone wat die verrigtinge aanlyn wil volg, kan op dié skakel ingaan sodra die diens begin: https://maps.app.goo.gl/LzSY8vrYbH8yLMBs7.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
