News

Leo, die leeu, ontsnap uit hok by lodge

Leo, die leeu wat lief is vir melk en kaas, het Maandagoggend uit sy hok by Mbidi Lodge ontsnap.

Nog voor sonop Maandag, het een van die personeellede van Mbidi besef die hek van Leo se hok staan oop.
Hy het dadelik probeer kontak maak met mnr. Frikkie Tolmay, Mbidi Lodge bestuurder, maar weens swak sein, kon hy hom nie in die hande kry nie.

Leo se spoor is gevat om te kyk in watter rigting hy gestap het.

Intussen het mnr. Pieter Nel, besturende direkteur van De Wagendrift Boerdery mnr. Tolmay gekontak, om hom te laat weet dat een van sy werknemers ’n leeu langs die lyndraad gesien het.

Voertuie het die pad blokkeer, sodat verkeer nie die leeu sou steur nie.

Mnr. Tolmay het die Mbidi Lodge personeellid gekontak wat op die leeu se spoor was, waarna vasgestel is dat hy by die ingang van De Wagendrift Boerdery is. Die veearts, dr. Andrew Baker, het hom ná die toneel gehaas.

Mnr. Nel en Andrew Barker (beide van De Wagendrift Boerdery) het hul bakkies langs Leo parkeer, wat ewe bedees die omgewing bekyk het.
Die pad is ook aan beide kante blokkeer om te voorkom dat enige verkeer die leeu steur.

Nadat Leo verdoof is, is hy deur die De Wagendrift-bestuur en werkers op ’n voertuig gelaai en terug vervoer na Mbidi Lodge.

Die grendel waarmee die hek van sy hok toegemaak word het geknak, waarskynlik weens erosie, aangesien hierdie een van die eerste hokke op die lodge is.
Intussen het Mbidi al die hokke se hekke nagegaan om te verseker dat soortgelyke voorvalle nie weer plaasvind nie.

Die leeu is verdoof en teruggeneem ná sy tuiste by Mbidi Lodge.

Leo is handgrootgemaak en het ’n baie liefdevolle geaardheid. Hy is dol oor melk en kaas.

In ’n verklaring ná die voorval, het mnr. Nel sy dankbaarheid uitgespreek vir die vinnige reaksie, optrede en samewerking van die plaaswerkers en die veearts.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button