Fees der feeste by Lavender Mill
’n Fees der feeste, die Farmfields Lentefees, word Saterdag by die gewilde Lavender Mill aangebied.
Toegang is R50 per persoon en kinders onder 13 jaar gaan gratis in.
Daar is 85 stalletjies met van vars gebak en speelgoed tot dekor en konfyte om van te kies.
Boonop sal daar ’n man op stelte te sien wees!

Die program vir die dag is as volg:
08:00 Parkrun
09:00 Mark open en optrede deur Bernard Jacobs.
10:00 Kroning van Mej. Lenteblom.
11:00 Optrede deur Suzette Weideman.
12:00 Skemerkelkie uur en DJ-optrede.
13:00 Optrede deur Bernard Jacobs.
14:00 Uitstallersfees en DJ-optrede.
15:00 Wêreldbeker rugby.

• Die kleingoed sal vermaak word deur Robo Kinderkinetics.
• Kaartjies teen R50 per persoon (kinders o/13 gratis) is daagliks voor die fees beskikbaar vanaf 09:00-16:30 by Kiddin en by die Ruby Hub (ou Plantoperandi Kwekery, Beyers Naudestraat 70).
Vir navrae bel 063 627 9682.
