News

Dief steel doodluiters duisende rande se skootrekenaars

’n Man het gister doodluiters voor ’n besigheid gestop, die deur oopgemaak en drie skootrekenaars gesteel.

Mnr. Josua Erasmus (eienaar, Industrial Mining Innovations) sê die booswig het omstreeks 11:33 by die kantoor langs hul werkswinkel ingegaan en blitsig die skootrekenaars gesteel.

Hul werkswinkel is in die Goldwagen-sentrum geleë en die persoon wat die kantoor beman het, moes gou ry.

Omdat hul werkswinkel reg langs die kantoor is met baie mense in die omgewing, het hy net die kantoor toegetrek, om vir ’n paar minute uit te gaan.

Die man het donker hare en het ’n pet met die woorde: “Taylor Made” gedra.

Hulle vermoed die persoon het hom dopgehou, want op CCTV-videomateriaal is gesien hoe die dief kort nadat die persoon uit is, met sy voertuig na die kantoor ry en in trurat by die parkering inry.

Hy maak die kantoordeur oop, stap in en vat al drie die skootrekenaars. Op ’n stadium kyk hy direk in die kamera in.
Daarna loop hy uit en trek weer die kantoordeur toe.

’n Vrou by een van die aangrensende kantore het die voertuig gesien, maar omdat so baie mense gereeld daar stop, het sy nie onraad vermoed nie.

Mnr. Erasmus sê al hul rekening- en ander besigheidsbesonderhede was op die stelsel, maar dit is gelukkig aanlyn beskikbaar en hulle het die toegangskodes verander.
Dit is egter duur Acer skootrekenaars en die skade word op sowat R60 000 geraam.

Die silwer VW Polo sedan waarmee die dief gery het.

• Die dief het gery met ’n silwer VW Polo Sedan. Die videomateriaal was nie baie duidelik nie, maar dit lyk soos ’n GP registrasienommer.

• Hy het ’n donkerblou pet, met die woorde “Taylor Made” daarop, asook ’n rooi hemp en denim gedra.

As enige persoon hom herken of sekuriteitskameras in die omgewing het wat die registrasienommer kan eien of ander inligting het wat kan lei tot sy arrestasie, kan hulle 081 334 5000 bel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button