News

Sakgrawers laat inwoners rooi sien

Middelburg inwoners is keelvol vir sakgrawers wat die dorp besoedel.

Daar is simpatie vir mense wat in hierdie moderne tyd in asdromme moet grawe om te oorleef, maar daar is ook al meer inwoners wat sê hulle het genoeg gehad van die gemors wat die mense agterlaat.

Nie al die asdromgrawers is skuldig nie.

Sommige haal die swartsakke uit die munisipale dromme, gaan die inhoud deur, gooi wat oorbly weer terug en maak skoon waar hulle gemors het.
In Dennesig kom ’n groep in die veld tussen dié woonbuurt en Kanonkop bymekaar en gooi die afval in groot sakke.

Wat inwoners rooi laat sien het is die groep wat Donderdag in Aerorand van vroegoggend af afval bymekaar gemaak het.
Hulle het ook bottels in die straat stukkend gegooi.

Wesstraat was ook vol glasstukke maar dit is nie seker of dit ook die werk van die sakgrawers was nie.

Een van die groot probleme is dat daar nie ordelike herwinning plaasvind nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Check Also
Close
Back to top button