News
Verslaafdes spuit waar almal kan sien
Dwelmverslaafdes wat hulle oop en bloot in strate voor ooggetuies inspuit, het ’n algemene gesig in Middelburg geword.
’n Motoris (wat verkies om anoniem te bly) sê hy het Sondagaand omstreeks 17:55 afgery in Cowen Ntulistraat, toe hy uit die hoek van sy oog vier jongmense op die hoek van Framestraat teen ’n gebou sien sit.
Hy het onraad vermoed en gestop om ’n video te maak.
Voor sy oë het een van die mans ’n rubbertou om sy arm getrek en homself ingespuit.
“Dit is hierdie verslaafdes wat ons kabels so uitruk en alles wat voorkom steel om hul dwelmgewoontes in stand te hou!” is omgekrap uitgeroep.
• Die Observer kry bykans daagliks klagtes uit die gemeenskap dat die verslaafdes nie omgee om hulself selfs voor kinders te spuit nie.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
