News
Dorp ruk na geweldige ontploffing
’n Reuse ontploffing wat pas plaasgevind het, het die hele dorp in rep en roer.
Volgens verskeie boodskappe wat op WhatsApp-groepe gedeel is, het die ontploffing ’n aardskudding veroorsaak wat regoor die dorp gevoel is.
Inwoners het laat weet dat die skudding gevoel is by die Middelburg Mall, middedorp en selfs huise in Kanonkop se vensters het geruk.
Die vermoede bestaan dat dit as gevolg is van ’n myn wat besig is om met plofstof te skiet.
Van die plasings was:
“Dit het gevoel of die grond onder my ruk en toe kom die tweede een en ruk die hele huis.”
“Dit het nie soos blasting gevoel nie.”
“My bank het onder my geruk.”
“Dit was ’n geweldige harde slag.”
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
