Noodroep-groep help brand bestry
Lede van die Noodroep Radiogroep Sektor 3 het ’n bydrywige naweek agter die blad.
Vrydag en Saterdag het hulle hulp verleen op tonele.
Die media skakelbeampte, Erika Grobler, sê hul lede het Vrydagaand tydens beurtkrag patrollie gery toe daar ’n stemboodskap deurgegekom het van Martin Meintjes (Titon Sekuriteit) dat booswigte besig is om kabels te steel in Oosstraat.
Die lede het blitsig gereageer om bystand te lewer en het saam met die Titon reaksielede in die veld na die verdagtes gesoek.
Die booswigte is egter in die bome gewaar en deur Titon gearresteer.
NRRG 3 lede wat bystand gegee het op die toneel, sluit in: Tienie Uys, Juanita Groenewald, Barend Labuschagné, Charl Stevenson, Erika Grobler, Willem, Rachel en Cornelius Kies, Naas Botes, Herculaas Taljaard, Izak du Plooy en Wimpie Uys.
• Hulle bedank die reaksielede van Titon, asook die polisie wat blitsig op die toneel was.
• Saterdagaand het die NRRG 3-lede wat op patrollie was, per Zello vir hulp gevra vir ’n brand by die perdestalle in Kanonkop.
Die brandweer is ook gekontak en was vinnig op die toneel.
Hulle het saam met die brandweer teen die vuur gestry en dit is ’n rukkie later onder beheer gebring.
Lede wat tydens die brand gehelp het, is: Willem, Rachel en Cornelius Kies, CJ Uys, Izak du Plooy, Juanita Groenewald, Barend Labuschagné, Tienie, Linda en Franco Uys, Herculaas Taljaard en Charl Stevenson.
“Ons is nie net daar vir misdaadvoorkoming nie. Ons is ook beskikbaar as die gemeenskap vra vir hulp.”
