News

Borg vir senior amptenaar

Die senior administrasiebeampte (45) van Sekhukhune Distriksmunisipaliteit, die voormalige munisipale finansiële hoof (42), voormalige munisipale amptenaar (45) en twee diensverskaffers (34 en 39) het Maandag in die Groblersdal Landdroshof verskyn op aanklagte van bedrog en geldwassery.

Borg is aan toegestaan en die saak is oorgeplaas na die spesiale handelsmisdaadhof in Polokwane.

Daar word beweer dat die Sekhukhune Distriksmunisipaleite in 2018 tenders te waarde van meer as R5 miljoen aan verskillende maatskappye toegeken het om sekuriteitsdienste te verskaf.

Daar word verder beweer dat die voormalige munispale finansiële hoof en senior administrasiebeampte met ander maatskappye saamgespan het, wat nooit enige diens gelewer het nie, om geld in hul rekening te deponeer wat later onder mekaar verdeel is. Gevolglik het die maatskappye wat die dienste gelewer het nie hul betalings ontvang nie.

Die saak is by die Valke se ernstige korrupsie-ondersoeklede aangemeld.

Donderdag, 28 September, is ’n operasie deur die Valke uitgevoer in Groblersdal, wat gelei het tot die arrestasie van die voormalige munisipale amptenaar, Andries Mokgotho (45) en twee diensverskaffers, Bongani Masupye (34) en Shivhadana Murovhi (39).

Tydens die operasie, kon die senior administrasiebeampte, Kedibone Magagane, nie gevind word nie, maar sy het haarself Vrydag, 29 September, aan die Valke oorgegee.

Die voormalige finansiële hoof het homself 2 Oktober aan die Valke oorhandig.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button