News

Wynand sê geluk aan Wendorp se Wenskool

Middelburg was nie verniet in 2015 Kwêla en kykNet se dorp van die jaar nie.

Die advertensie wat Kwêla daardie jaar geborg het (kyk die video) het ook gesê “Van Kerkdorp na Wendorp”.
Dit was nie net mooi woorde nie, dit is die waarheid: Middelburg – die dorp van wenners.

Hoe dan anders as ’n dorp wat ’n Comrades wenner opgelewer het in George Claassen, Springbok rugbyspelers soos Bakkies Botha (tot in graad elf in HTS Middelburg), Jan Lock, Boeboes Coetzee, Tommy du Plessis, Kwagga Smith en die Springbok kaptein Wynand Claassen.

Van Suid-Afrika se top tydrenjaers of navigators was van hier: Koos Roos, Nuno da Cunha, Wiley Harrington, Hennie Steenkamp en Elvene Vonk.

’n Dorp waar die beroemde skilder Gerard Sekoto groot geword het, van sy skilderye verkoop vandag vir tot R3 miljoen.

Waar die Bybel vertaal is in Sepedi en die eerste inheemse Bybel geword het wat volledig vertaal en gedruk is in Suid-Afrika.

Waar beroemdes en bekendes soos Nando’s se stigter Robert Brozin grootgeword het.

Waar…
Die lys is te lank om voort te gaan.

Kom ons keer terug na die hede.

Die land se top laerskool onderwyseres is pas aangekondig en sy is ’n Middelburger – Noori-Sha Seedat.

Die land se top skole is aangekondig en Hoërskool Middelburg is tweede.

Wynand Claassen, wat in 1968 in matriek was by die skool en nie net hoofseun was nie, maar ook die eerste rugbyspan se kaptein, het ’n geluksboodskap vir Middies gestuur (kyk video).

Die skool het daardie jaar sy 50ste bestaansjaar gevier.

•Om meer te lees oor die dorp se suksesse koop hierdie week se uitgawe van die Middelburg Observer.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button