Kyk tuine, drink tee én wen dalk bonsai!
Die Middelburg Rotary Ann’s nooi die gemeenskap om saam met hulle na ons dorp se mooiste tuine te gaan kyk, tee en koek te geniet en boonop in aanmerking te kom vir ’n besondere bonsai.
Hulle bied hierdie spesiale tuinbesigtigings vanaf 20-22 Oktober aan.
Op 20 Oktober word een tuin besoek en op 21 en 22 Oktober agt tuine.

Die tuine wat besoek sal word, is in Viljoenstraat (Suid), Komatistraat (Groenkol), Waterfront Landgoed (Aerorand), Nwanesi- en Shingwedzistraat, (Midwater Landgoed, Aerorand), Olyfbergstraat (Aerorand), Lilian Ngoyistraat (Sentraal) en Frewinstraat (Clubville).
Die kaartjie moet vertoon word, voor toegang gegee sal word.

Kaartjies beloop R100 per persoon, wat vyf tuine en tee by die teetuin in Maricostraat 3 insluit. Koek sal te koop wees.
• Daandré Jansen van Vuuren (van My Bonsai, Moyogi Bonsai Kai Club) skenk ’n bonsai wat gewen kan word. Lootjies om in aanmerking te kom vir die bonsaitrekking, beloop R20 per persoon.
Daandré se tuin en kwekery maak ook deel van die besigtigingstoer uit.

Vir enige navrae en kaartjies, bel Michelle by 072 333 7221 of Colleen by 083 625 4600.
• Fondse wat ingesamel word, is ten bate van die Middelburg Care Village.

@middelburgobserver Bonsai enthusiast takes us on a tour of his nursery #bonsai #garden #plants
