News

Storm laat spoor van verwoesting

Tientalle bome is uit die grond geruk, baksteenmure is omgewaai, sinkplate van dakke geruk en dit lyk asof ’n Hoër Hand die reuse bloekombome langs die Loskopdampad met ’n petrolsaag afgtesny het toe ’n verwoestende storm Middelburg vanogged getref het.

In die Meyerstraat omgewing lê daar nog dik hael en die Steve Tshwete Munisipaliteit het sy hande vol om bome uit paaie te verwyder.

Bullerstraat in Dennesig het die ergste deurgeloop met twee huise se mure wat omgewaai is en verskeie bome is in die straat uit die grond geruk.
Dit is een van die strate wat deur bome versper word.

Bome is in veral Dennesig en Kanonkop omgewaai.

Ander strate waar motoriste uiters versigtig moet bestuur weens bome wat in die pad lê is Kareelaan, Essenhoutstraat, Sipres- en Verkenner.

’n Trokkie van ’n koerier maatskappy het ook op die ou Witbankpad naby Elandspruit omgeslaan met die padoppervlak wat seepglad is.

Die orkaansterkte wind het swaar voorwerpe opgetel en in paaie neergeslinger.

Die N11 tussen die Proteasraat kruising en Harry Gwalastraat is versper deur dennebome wat deur die stormwind afgeruk is.

Die skade aan die bome dui daarop dat dit nie net ’n ligte briesie was nie, maar waarskynlik ’n orkaan wat net links van Dennesig verby is.

’n Boom wat in Sipresstraat omgewaai is.

Bullerstraat in Dennesig het kwaai deurgeloop met twee huise se mure wat omgewaai is en talle bome.
Die wind het baksteenmure omgewaai in Dennesig.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button