News

Veediewe dreig om vrou te verkrag

Ses gewapende rowers het met meer as R112 000 se skape weggekom, nadat hulle op ’n Stoffberg-boerdery toegesak het.

’n Veewagter is met ’n mes in die kop gesteek en sy vrou erg aangerand, tydens die voorval by BW Boerdery wat Vrydagaand om 20:00 plaasgevind het.

Die ses rowers, twee was met pistole gewapen, het die beeswagter se huis binne gedring, waarop hulle die egpaar aangerand en gedreig het om sy vrou te verkrag.
Die verdagtes het die egpaar beroof van kontant, selfone en klerasie voordat hulle 45 skape van die merino en meatmaster-ras op ’n trok gelaai het.

Die registrasienommer wat deur gemeenskapspolisiëringsgroepe rondgestuur is die naweek, is van ’n ander trok wat by ’n vulstasie op Stoffberg afgesteel is.

’n Saak van roof en veediefstal is geopen.

• Die eienaar van BW Boerdery, mnr. Leon Bosch, kon teen druktyd nie in die hande gekry word nie.

•Janine Saayman van Die Daller het reeds in Julie berig dat veediefstal geweldig toeneem. In Junie en Julie is daar reeds 73 beeste en 48 skape onder die Charlie Buurtwag-area (Bloempoortpad) gesteel.

•Op 3 Augustus is ’n Toyota Fortuner in die Maserumele Park Village afgetrek. Nyaope en ’n luggeweer is gevind, asook 13 bokke, waarvan hul nie rekenskap kon gee. Drie verdagtes is in hegtenis geneem op aanklag van die besit van vermoedelik gesteelde goedere, die besit van dwelms en onwettige besit van ’n ongelisensieerde vuurwapen. Hulle het in die Nebo-landdroshof verskyn.

•Op 11 Augustus is ’n 21-jarige man gearresteer vir die besit van 16 bokke en ses skape met brandmerke waaraan gepeuter is. Die voorval het in die Rakgoadi polisiëringsarea plaasgevind. Die verdagte is aangekla vir die besit van vermoedelike gesteelde goedere en het in die Motetema-landdroshof verskyn.

•Op 19 Augustus is 68 bokke en 40 skape in die Swartkop area net buite Marble Hall gesteel ter waarde van R320 000.

•Boere het al genoem dat hul oorweeg om veeboerdery op te gee. ’n Boer van die Loskop Vallei het week die gesê dat vier van sy 60 beeste geslag is en dat die risiko tans te groot is om voort te gaan met die boerdery. Sy boerdery is nie groot genoeg om hoë kostes aan te gaan om sy diere te beveilig nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button